Wednesday, May 11, 2011

Wicomb saamtrek 2011

Agtste Wicomb Familiesaamtrek weer goed bygewoon deur Garnett Wicomb
Soos al die vorige saamtrekke het by die 300 Wicomb-familielede die afgelope naweek, van 29 April tot 2 Mei 2011, die agtste familiesaamtrek by die Calitzdorp Spa bygewoon. Die hoogtepunt van vanjaar se saamtrek was ‘n besoek aan Matjiesrivier, waar ‘n kransleggingsdiens in die United Congregational Kerk gehou is om hulde te bring aan hul voorouers.
Die familie wat die saamtrekke bywoon is almal afstammelinge en hul gesinne van die kinders van Robert Wicomb, die seun van ‘n Skotse skeepsdokter en ‘n slavin van Java, en Isabella le Roux van Matjiesrivier, nl Robert, Simon, Daniel, Frederick, Jeanetta, Alida, Abraham en Moses.

Die kransleggingsdiens op Matjiesrivier is gelei deur die oudste familielid, die 90-jarige mnr Adam (Ampie) Wicomb van Oudtshoorn, wat op Matjiesrivier gebore en in dieselfde kerk gedoop en skoolgegaan het. Hy het na aanleiding van Exodus 20:12 wat lui “Eer jou vader en jou moeder” gesĂȘ dit beteken meer as om net jou biologiese vader en moeder te eer en respekteer. “Dit is ook ‘n beter begrip en waardering vir ons afkoms, ons erflating van die ryk historiese agtergrond van ons voorouers. Vandag is ‘n geskiedkundige dag. Ons is hier op die geboortegrond van ons voorouers en om hulde te bring aan mede pioniers van ’n trotse maar ook nederige familie.” Hy het ook die belangrikheid van familiesaamtrekke beklemtoon.

Die kranslegging is waargeneem deur me Jo-Nette Lekay van Paarl, wie se ouma ’n Wicomb was, en mnr Peter Wicomb van Kaapstad.
* Die negende saamtrek van die familie word volgende jaar van 27 April tot 1 Mei 2012, en waarskynlik weer by die Calitzdorp Spa, gehou.

By die 300 Wicomb-familielede het die afgelope naweek die agtste familiesaamtrek by die Calitzdorp Spa bygewoon.






 Tydens ‘n kransleggingsdiens in die Matjiesrivier United Congregational Kerk staan me Jo-Nette Lekay (links) en mnr Peter Wicomb. Op die preekstoel staan mnr Adam (Ampie) Wicomb, wat die diens gelei het.





Die nasate van een van die Wicomb-seuns, Robert, was die grootste groep wat die saamtrek bygewoon het.






 
Simon se span
 
Moses se span


 
Daniel se span



  
Matjiesrivier aan die voet van die Swartberge



 


Outside church in Matjiesrivier



No comments: