Monday, February 2, 2009

CALITZDORP REUNION 2009

Hello familie,
Ja, dis alweer byna tyd vir ons volgende saamtrek van 25 tot 29 April 2009 by die Calitzdorp Spa.
Hiermee net ‘n bietjie oor wat vanjaar beoog word asook die tariewe.
Ons gaan dié keer baie strenger wees ten opsigte van toegang tot die oord. Ons ondervind met elke saamtrek probleme met die gesamentlike etes.
Te veel van die familie wat nie vir die naweek bespreek het nie,daag sonder kennisgewing by die Spa op as dagbesoekers en dra nie by tot die koste nie.
Ons is van mening dit is nie reg teenoor die ander nie. Dit het al meer as een keer gebeur dat dié wat die etes voorberei self nie iets te ete kry nie.
Om hierdie rede is besluit om vanjaar etekaartjies aan almal wat bespreek te verskaf.
Dit sal van dagbesoekers verwag word om 'n dagfooi van ten minste R25 per persoon te betaal.
Voorts sal strenger beheer by die hek toegepas word.
Ons wil niemand wegwys nie want hoe meer ons is hoe lekkerder. Selfs vriende van familie sal steeds welkom wees, mits hulle ook hul bydrae lewer.
'n Ander bron van kommer is van ons jongmense wat by tye te jolig word en die versoek is dat almal mekaar respekteer en veral eerbied teenoor die ouer familielede betoon word..
Wat baie belangrik is, is dat almal hulle moet geniet..
Ons soek ook voorstelle vir die naweek se program..
Laastens. Ons sal weer die chalets alternatiewelik aan die drie streke toeken en familie word aangemoedig om vroegtydig te bespreek.
En oja. Die van ons wat ‘n dag vroeër wil aankom, moet direk met die Spa skakel. Die nommer is 044 213 3371.
Die akkommodasiekostes is soos volg:
Swembad;
1-14: R1270 (drie nagte) R839 (twee nagte)
15-20: R1150 (drie nagte) R763 (twee nagte)
Vierbed (Berg) R868 (drie nagte) R 567 (twee nagte).
Sesbed (Berg) R1099 (drie nagte) R721 (twee nagte).
Karavaanstaanplek: R147 per dag (vier persone) + R13 vir elke bykomende persoon.
Familiegroete.
Namens die reëlingskomitee,
Garnett Wicomb.
(Sekretaris)
Sel: 072 4686 456
Epos adresse: wicombg@telkomsa.net
sport@hoorn.co.za
Bankbesonderhede:
Naam van rekening: Wicomb Familie Saamtrek
Absa. Spaarrekening. Nr. 912 8901 387:

Galaxy ticket