Saturday, May 14, 2016

10de Wicomb Familie Saamtrek

deur Garnett Wicomb:
Meer as 200 Wicomb-familielede het die afgelope naweek (29 April - 2 Mei) die 10de familiesaamtrek by die Calitzdorp Spa bygewoon, 24 jaar nadat die eerste in 1992 in De Hoek plaasgevind het.

Hulle is almal die afstammelinge en ingetroude familie van die agt kinders van Robert Wicomb (1818-1908) en Isabella (néé Le Roux 1818 - 1908) van Matjiesrivier, naamlik Robert, Daniel, Frederick, Simon, Moses, Jeanetta, Abraham en Alida.

Die twee hoogtepunte van die naweek was Saterdag se familiesportdag en die tradi-sionele dankseggingsdiens Sondagoggend.

Tydens die sportmiddag waaraan oud en jonk deelgeneem en vir groot pret gesorg het, het die span van die Oudtshoorn-distrik koning gekraai en 'n pragtige wisseltrofee ontvang. Die span van die Wes-Kaap het egter die toutrek gewen.

Tydens die dankseggingsdiens, gelei deur een van die familielede, pastoor Edgar Prince, is hulde gebring aan die familie se voorouers en kerse aangesteek vir familielede wat sedert die laaste saamtrek in 2014 oorlede is, onder wie die sanger, Randall Wicomb. Prince het die jeug aangemoedig om doelgerig te bly in hul toekomsplanne.
Tydens 'n bespreking Saterdagaand het Simon Swigelaar 'n insiggewende praatjie oor die familiegeskiedenis gelewer.

Hy het 'n pleidooi tot die jonger geslag Wicombs gedoen om te probeer uitvind waar die familie se stammoeder, 'n slavin wat in 1658 hierheen gebring is, begrawe lê.

Die oudste lewende Wicomb is die 95-jarige Adam (Ampie) Wicomb van Oudtshoorn, wat steeds baie goeie gesondheid geniet.

Die volgende saamtrek word in 2018 en waarskynlik ook weer by die Calitzdorp Spa gehou.






CLICK ON THE LINK BELOW TO SEE ARTICLE IN LOCAL NEWSPAPER
http://www.oudtshoorncourant.com/news/News/General/163180/Meer-as-200-familielede-by-Wicombsaamtrek

Sunday, May 25, 2014

Wicombs se 9de familiesaamtrek

deur GARNETT WICOMB
Die  neënde Wicomb familiesaamtrek wat oor die naweek van 26 – 28 April 2014 vir die agtste keer by die Calitzdorp Spa gehou is, was soos al die  voriges weer ’n groot sukses met talle familielede wat vir die eerste keer een bygewoon het.
Net meer as 200 familielede het vanjaar se saamtrek bygewoon. Die eerste saamtrek is in 1992 in De Hoek gehou en die beplanning vir die tiende, moontlik reeds volgende jaar; het reeds begin.
Die 93-jarige mnr Ampie Wicomb van Oudtshoorn en die 89-jarige mnr Awie Wicomb van Riversdal was die twee oudste familielede wat vanjaar se saamtrek bygewoon het en die belangrikheid van familiesaamtrekke kon weereens nie oorbeklemtoon word nie.
“Sulke saamtrekke is belangrik om familiebande te verstewig en die jonger geslag in te lig oor die familie se herkoms,” het mnr Ampie Wcomb gesê..
Die 80-jarige mnr Dan Wicomb van die Oos-Kaap het tydens die gebruiklike dankseggingsdiens, gelei deur me Olga Le Roux van Kaapstad, die kranslegging waargeneem ter nagedagtenis aan al die Wicomb voorsate, terwyl mnr Awie Wicomb ’n kers aangesteek het vir al dié familielede wat sedert die agtste saamtrek in 2011 gesterf het.
Die krans is later die middag na Matjiesrivier geneem waar dit in een van die begraafplase in Zuurhoek op die graf van Robert Daniel Wicomb, die vader van mnr Ampie Wicomb, gelê is.
Tydens Saterdag se familie pretdag het die Wicombs van Oudtshoorn weer koning gekraai in die toutrek.
Die eerste Wicomb in Suid-Afrika was ’n skeepsdokter van Skotland, wat volgens navorsing in die vroeë 1700’s in Plettenbergbaai aan wal gestap het nadat die skip waarop hy gereis het tydelik gestrand was.
Hier het hy tweelingseuns gehad by ’n vrou van Jawa, ’n slavin, wat ook kinders gehad het van twee ander mans met die vanne Barnard en Rensburg. Sy is dus die stammoeder van die drie families.
Een van die tweeling het as baba gesterf en die ander, Robert, het sy pa se van (Wicomb) behou. Hy trou met Netta Kruitzenberg en hul seun, ook Robert (1818 -1905), trek oor die Knysna-berge tot in die Langkloof. Hy begin om bokke aan te koop en trek verder deur De Rust, Klaarstroom, Prins Albert en oor die Swartberge tot in Matjiesrivier waar hy met Bella le Roux  (1818 – 1898) trou en plase vanaf  Zuurhoek al langs die rivier af aankoop. Agt kinders, Robert, Simon, Jeanetta, Frederick, Daniel, Moses, Alida en Abraham word uit dié huwelik gebore en dit is hulle nasate en gesinne wat die 9de saamtrek bygewoon het.






Saturday, July 21, 2012

My Heritage Website

Hi all, there is a new website  http://www.myheritage.com/site-150338981/the-wicomb-family To join this site, you can request membership and then you can make on-line changes and additions. For any enqueries you can e-mail me directly.

Wednesday, May 11, 2011

Wicomb saamtrek 2011

Agtste Wicomb Familiesaamtrek weer goed bygewoon deur Garnett Wicomb
Soos al die vorige saamtrekke het by die 300 Wicomb-familielede die afgelope naweek, van 29 April tot 2 Mei 2011, die agtste familiesaamtrek by die Calitzdorp Spa bygewoon. Die hoogtepunt van vanjaar se saamtrek was ‘n besoek aan Matjiesrivier, waar ‘n kransleggingsdiens in die United Congregational Kerk gehou is om hulde te bring aan hul voorouers.
Die familie wat die saamtrekke bywoon is almal afstammelinge en hul gesinne van die kinders van Robert Wicomb, die seun van ‘n Skotse skeepsdokter en ‘n slavin van Java, en Isabella le Roux van Matjiesrivier, nl Robert, Simon, Daniel, Frederick, Jeanetta, Alida, Abraham en Moses.

Die kransleggingsdiens op Matjiesrivier is gelei deur die oudste familielid, die 90-jarige mnr Adam (Ampie) Wicomb van Oudtshoorn, wat op Matjiesrivier gebore en in dieselfde kerk gedoop en skoolgegaan het. Hy het na aanleiding van Exodus 20:12 wat lui “Eer jou vader en jou moeder” gesê dit beteken meer as om net jou biologiese vader en moeder te eer en respekteer. “Dit is ook ‘n beter begrip en waardering vir ons afkoms, ons erflating van die ryk historiese agtergrond van ons voorouers. Vandag is ‘n geskiedkundige dag. Ons is hier op die geboortegrond van ons voorouers en om hulde te bring aan mede pioniers van ’n trotse maar ook nederige familie.” Hy het ook die belangrikheid van familiesaamtrekke beklemtoon.

Die kranslegging is waargeneem deur me Jo-Nette Lekay van Paarl, wie se ouma ’n Wicomb was, en mnr Peter Wicomb van Kaapstad.
* Die negende saamtrek van die familie word volgende jaar van 27 April tot 1 Mei 2012, en waarskynlik weer by die Calitzdorp Spa, gehou.

By die 300 Wicomb-familielede het die afgelope naweek die agtste familiesaamtrek by die Calitzdorp Spa bygewoon.






 Tydens ‘n kransleggingsdiens in die Matjiesrivier United Congregational Kerk staan me Jo-Nette Lekay (links) en mnr Peter Wicomb. Op die preekstoel staan mnr Adam (Ampie) Wicomb, wat die diens gelei het.





Die nasate van een van die Wicomb-seuns, Robert, was die grootste groep wat die saamtrek bygewoon het.






 
Simon se span
 
Moses se span


 
Daniel se span



  
Matjiesrivier aan die voet van die Swartberge



 


Outside church in Matjiesrivier



Tuesday, May 10, 2011

Oudtshoorn community loses a diamond by Garnett Wicomb

For the benefit of all I translated this article written by Garnett Wicomb that was published in the Hoorn. This is the original link: http://www.oudtshoorninfo.com/hoorn.php?page=hoorn&action=view_hoorn_article&id=3767

The love of a young man for his dogs led to his death when his vehicle left the road and overturned on Saturday evening near the Calitzdorp Spa.

The 30-year-Gerthwin Lekay, commonly known as Guss, an only child of Mr. Godfrey and Ms. Sandra Lekay, was on his way home to take care of his three dogs when the accident happened about five kilometers from the resort. It is believed that he lost control of the bakkie on a sharp bend.

He had spent Saturday afternoon at the resort where his parents attended the Wicomb family reunion. It was also his mother's birthday. "He did not stay over because he had to take care of dogs," his grieving mother said on Tuesday. The accident happened on the same bend where last weekend a minibus left the road, overturned and one person was killed.

Gerthwin Lekay was a civil engineer at the Oudtshoorn Municipality and project manager of the council's job creation projects. On Tuesday morning during a visit to the grieving parents, the municipal manager, Mr Noël Pietersen, expressed his condolences to the family on behalf of the municipality. “The municipality and the community has lost a diamond. We had great things in the pipeline for him. He was always the same, with a broad smile.” Pietersen said.