Thursday, May 17, 2007

News from Korea - Moira Kivedo(nee Wicomb)


KOREA –LAND OF THE MORNING CALM

What a wonderful feeling when I set foot on Korean soil in 2002! Although I traveled many times overseas before, I’ve never visited an Asian country. Just about everything was new – the food (eating with chopsticks); sitting on the floor at a low table; up to 13 side dishes (banchan); sleeping on the floor; toilets which are even with the floor; bowing to your seniors; to mention but a few. I came to teach English for one year but as with many other foreign teachers, I was absorbed by the exciting culture of the Asian people and stayed until the end of 2005. When they asked me to come back this year, 2007, I didn’t hesitate because it’s an opportunity so appreciated that I couldn’t decline.

The Koreans have a culture of learning. Everybody is serious about it. They’re well disciplined and they appreciate you. A teacher is highly respected. There’s even a Teacher’s Day! I’m teaching at the same Ivy English Academy for all the years and love every minute of it. It’s one of the many private schools where students go after their normal school day for extra classes. Most of them attend at least 5 different academies (hagwans) per day for English, Math, Taegwondo (Korean marshal arts, like karate), Science, Speed reading, Music, Chinese and/or Japanese, different forms of Art and more. The maximum of 6 students per class is a pleasure to teach.

They eat rice and gimchi with every meal! Gimchi is fermented cabbage with red pepper paste, spring onions, garlic, ginger, salted fish and salt. They claim that it’s the 5th healthiest food in the world at present. I must say, you need to acquire a taste for it!

The Hanbok is the national costume. For the ladies it’s a wide colourful high-waist skirt with a contrasting very short jacket. It’s very elegant and worn for special occasions and on certain holidays. The men wear baggy pants, tied at the ankles and a loose fitting jacket.

The Koreans are a very proud people. They promote their own goods and culture. They will easily tell you that they are or their country is “the best” or “number one”.A public holiday is a big affair. Their national flag hangs on every lamppost and from the window of every house or apartment. The whole family is involved. They celebrate together. They eat together and adults play games with children – mostly traditional games such as “kennetjie”! Then they visit a song-room where the family has karaoke.They all know the same songs, the same stories, the same dances and even the same jokes! Korea is a wonderful experience! If you wish to teach in South Korea and you have a degree (any) you can contact me at mkivedo@hotmail.com

Now you know why I missed the great Wicomb Reunion.
Love to you all.
Moira Kivedo (neé Wicomb) May 2007

*My picture was taken at the annual Mask Dance Festival and the hat was from one of the musicians.

Wicomb Reunion 2007 - Garnett Wicomb

WICOMB FAMILIE 2007 SAAMTREK

Calitzdorp Spa 27 -29 April 2007

Oorsig en dankiesê

Hallo Familie,

Ons het lank daarna uitgesien en beplan en dit het so vinnig verby gevlieg. Maar wat ‘n suksesvolle saamtrek was dit nie.
Hierdie is net ‘n kort oorsig en om dankie te sê aan almal wat gekom en bygedra het tot die groot sukses darvan.
Soos almal wat daar was sekerlik weet was ons teen Sondag meer as 300 bymekaar. Lekkerrrr…
Die saamtrek het op Donderdag 26 April reeds nie-amptelik begin met Aubrey van Kaapstad wat vroegmiddag reeds aangeland het.
Ek was die tweede wat geland het gevolg deur Peter en Judy Snyman, Jonathan en sy gesin, Johan Wicomb, Colin Swigelaar en Granville Josephs.
Hoewel dit die aand lekker koud was, en later lekker gereën het - die seën op die samekoms - het dit niemand afgesit nie. Die vure is aangesteek en die eerste tjoppies is gebraai.
Vrydagoggend het hulle teen ‘n vinnige tempo ingestroom.
Die amptelike verwelkoming teen 1-uur se kant was ‘n heuglike geleentheid. Meester Simon het die naweek met ‘n kragtige gebed geopen en die seën van die Here gevra. Hierna het die voorsitter van die Oudtshoorn reëlingskomitee, Jonathan, die verwelkoming gedoen terwyl Aubrey en Farouk dit namens die Wes- en Oos-Kapenaars gedoen het.
Die weer was maar triestig met die gevolg dat die middag se buite-aktiwiteite wat beplan was nie kon plaasvind nie.
Daar is egter behoorlik gekuier terwyl die Oos-Kapenaars hard besig was om die aandete voor te berei.
En watter lekker gereg was dit nie.
Hierna het ‘n gesellige aand gevolg met die twee grapmakers van die Oos-Kaap, Donovan en Gerard, wat hulle goed van hul taak gekwyt het.
Hierna is die tafels en stoele eenkant toe geskuif en is daar behoorlik deur oud en jonk ge”bart”..
Die jongmense het natuurlik tot vroegoggend gekuier.
Die weer het Saterdag verbeter en teen 1uur se kant was die kleuters aan die gang met die skattejag (Dankie Phillip) terwyl daar ook lekker krieket gespeel is.
En toe verskuif die aksie na die gras waar ons lekker tou getrek het, alhoewel alles nie fair and square was nie.. Ook die eier-en-lepel resies was ‘n wenner.
Die aand se snoekbraai wat die Kapenaars vir ons aangebied het was uit die boeke. Daai tafels met die seesand, skulpies, die tuisgebakte brood, die patat. Wie kan dit vergeet?.
En toe die aand se verrigtinge. Dankie aan Maureen vir die koördinering net jammer die ouer garde wou nie saamspeel nie.
Die vertoning van klein Rees Bergstedt was voortreflik en in die toekoms sal ons meer hiervan wil sien.
Ons jong modelle was pragtig. En wie sal die dansvertoning van Gerard en Mabré vergeet!. Julle was puik.
Sondag se dankseggingsdiens was ongetwyfeld die hoogtepunt van die naweek met Uncle Amp wat ‘n pragtige boodskap gebring het. Dankie aan Liesle wat op kort kennisgewing voor getrek en al die ander wat deel uitgemaak het van die program.
Uncle Amp se boodskap uit Romeine 12: 1-13 was een van liefde, nederigheid en weldadighied.
Die aansteek van ‘n kers ter nagedagtenis aan familie wat sedert die laaste saamtrek oorlede is was ‘n hartroerende geleentheid.
Die Oudtshoorn familie het vir die Sondagmiddagete gesorg en soos gewoonlik is asem opgehou dat elkeen iets te eet kon kry. En ‘n paar het nie gekry nie, jammer daarvoor.

En toe kom groettyd, so gou.
Ebrahim het namens die Oos-Kaapse familie, Aubrey namens die Wes-Kapenaars en die voorsitter namens die tuisspan die bedankings gedoen. Die Wicomb Song is weer lekker gesing en so ook die tellery van 21 tot ‘n 100.
Die algemene gevoel is dat die volgende saamtrek in 2010 gehou moet word, saam met die Wêreld Sokkerbeker eindstryd. Maar dit sal waardeer word indien die familie insette hieroor lewer en of dit miskien vroeër moet plaasvind. Drie jaar is lank.
Laat weet die sekretaris by sport@hoorn.co.za; Faks (044) 272 5604: Selfoon: 072 4686 456.
En oja, lees verder oor die Wicomb Familie op die Internet: http://wicomb.blogspot.com/

Groetnis tot ‘n volgende keer.

………………………….
Sekretaris

NB: Lees verder oor ons familie op die Internet: http://wicomb.blogspot.com/

Tuesday, May 8, 2007

WICOMB SONG

1. The Wicomb folk is coming
To celebrate their song.
Within the hearts of each of us
We love the name so long.

Chorus:
For young and old, the story’s told
That Wicomb is our name.
W-I-C-O-M-B Wicomb is our name.
W-I-C-O-M-B Wicomb is our name.

2. To those who went before us
Our fondest memories go.
We all rejoice and love and stride
To carry the Wicomb pride.





Lyrics and Music by
R.Moira Kivedo( nee Wicomb)

Friday, May 4, 2007

Berig in Afrikaanse koerant deur Mnr Garnett Wicomb

Sesde Wicomb saamtrek grootste ooit




OUDTSHOORN.- Hulle het van heinde en ver gekom. Almal met een doel: Om die familiebande hegter te bind.
Meer as 300 Wicombs het die afgelope naweek (27 – 29 April 2007) by die Calitzdorp Spa buite Oudtshoorn saamgetrek vir die sesde en grootste Wicomb Familie Saamtrek sedert die eerste in 1992 by die De Hoek vakansieoord gehou is.
Die naweek se verrigtinge het Vrydagoggend afgeskop met die amptelike verwelkoming en is Sondagoggend afgesluit met ‘n dankseggingsdiens waartydens die oudste familielid, mnr Ampie Wicomb (86) van Oudtshoorn, die boodskap gebring het na aanleiding van Romeine 12: 1 – 13 wat handel oor die liefde, nederigheid en weldadigheid.
Hy het ook ‘n kers aangesteek ter nagedagtenis aan familielede wat sedert die vorige saamtrek gesterf het en die familie voorsate.
Die eerste Wicomb het in die vroeë 1700’s as ‘n skeepsdokter vanaf Engeland na Suid-Afrika gekom en by Knysna aan wal gestap.
Hy het ‘n tweeling (seuns) gehad by ‘n vrou van Jawa, vermoedelik ‘n slavin, wat ook kinders gehad het van twee ander mans met die vanne Barnard en Rensburg. Sy is dus die stammoeder van die Wicombs, die Barnards en die Rensburgs.
Een van die tweeling het as baba gesterf en die ander het die van van sy pa (Wicomb) behou.
Die eerste Robert Wicomb, vermoedelik ‘n kind of kleinkind van die tweelingseun, was getroud met Netta Kruitzenberg.
Hul seun, Robert (1818 – 1905) trou met Bella Le Roux (1818-1898) en agt kinders is uit hierdie huwelik gebore.
Alle Wicombs vandag is dus afstammelinge van hierdie agt kinders, nl Robert, Simon, Jeanetta, Frederick, Daniel, Moses, Alida en Abraham.
Die saamtrek word beskou as ‘n voorbeeld vir ander families en mnr Ebrahim Wicomb van Uitenhage het ‘n beroep op families in veral die bruin gemeenskap gedoen om hul voorbeeld te volg.

Wednesday, May 2, 2007

Reunion pics 2007

Simon's Descendants



Jeanette's Descendants


Moses's Descendants

Daniel's Descendants





Robert's Descendants