Sesde Wicomb saamtrek grootste ooit
OUDTSHOORN.- Hulle het van heinde en ver gekom. Almal met een doel: Om die familiebande hegter te bind.
Meer as 300 Wicombs het die afgelope naweek (27 – 29 April 2007) by die Calitzdorp Spa buite Oudtshoorn saamgetrek vir die sesde en grootste Wicomb Familie Saamtrek sedert die eerste in 1992 by die De Hoek vakansieoord gehou is.
Die naweek se verrigtinge het Vrydagoggend afgeskop met die amptelike verwelkoming en is Sondagoggend afgesluit met ‘n dankseggingsdiens waartydens die oudste familielid, mnr Ampie Wicomb (86) van Oudtshoorn, die boodskap gebring het na aanleiding van Romeine 12: 1 – 13 wat handel oor die liefde, nederigheid en weldadigheid.
Hy het ook ‘n kers aangesteek ter nagedagtenis aan familielede wat sedert die vorige saamtrek gesterf het en die familie voorsate.
Die eerste Wicomb het in die vroeĆ« 1700’s as ‘n skeepsdokter vanaf Engeland na Suid-Afrika gekom en by Knysna aan wal gestap.
Hy het ‘n tweeling (seuns) gehad by ‘n vrou van Jawa, vermoedelik ‘n slavin, wat ook kinders gehad het van twee ander mans met die vanne Barnard en Rensburg. Sy is dus die stammoeder van die Wicombs, die Barnards en die Rensburgs.
Een van die tweeling het as baba gesterf en die ander het die van van sy pa (Wicomb) behou.
Die eerste Robert Wicomb, vermoedelik ‘n kind of kleinkind van die tweelingseun, was getroud met Netta Kruitzenberg.
Hul seun, Robert (1818 – 1905) trou met Bella Le Roux (1818-1898) en agt kinders is uit hierdie huwelik gebore.
Alle Wicombs vandag is dus afstammelinge van hierdie agt kinders, nl Robert, Simon, Jeanetta, Frederick, Daniel, Moses, Alida en Abraham.
Die saamtrek word beskou as ‘n voorbeeld vir ander families en mnr Ebrahim Wicomb van Uitenhage het ‘n beroep op families in veral die bruin gemeenskap gedoen om hul voorbeeld te volg.
Subscribe to:
Post Comments (Atom)
2 comments:
This was an absolute wonderful weekend, enjoyed myself to the max. Lovely time, great people, always a pleasure spending time with "family" and friends. Thanx to everyone that made this possible...
U skryf: "...Die eerste Robert Wicomb, vermoedelik ‘n kind of kleinkind van die tweelingseun, was getroud met Netta Kruitzenberg..." Kon u noual hierdie vermoede bevestig kry?
Ek is 'n genealoog en stel werklik belang. Synde ook van Oudtshoorn, sal u my belangstelling soveel te meer verstaan.
Ek is veral beindruk met die familie se meelewing tydens familie-saamtrekke en die algemene belangstelling wat die familie met mekaar deel. Dis nogal skaars in hierdie land van ons.
Dis goed as daar altyd iemand van die familie is wat die dinge mooi bymekaar hou!
Vriendelike groete
Johann *1954 Oudtshoorn.
Post a Comment