Tuesday, May 12, 2009

Sewende Wicomb Familie-saamtrek lok byna 300.


Sowat 300 Wicomb familielede het die afgelope naweek (24 – 27 April 2009) die sewende familiesaamtrek by die Calitzdorp Spa bygewoon. Die hoogtepunt van die naweek was weer ‘n dankseggingsdiens die Sondagoggend waartydens hulde gebring is aan die voorouers en ‘n kers wat die oudste familielid, mnr Adam (Ampie ) Wicomb (89) van Oudtshoorn aangesteek het, ter nagedagtenis aan familielede wat na die vorige saamtrek gesterf het.
Hy het die belangrikheid van familiesaamtrekke beklemtoon om familiebande te verstewig. Die saamtrek word elke twee jaar gehou na die eerste een wat in 1992 in De Hoek gehou is en die tweede in 1998 by die Spa. Al die huidige Wicombs is afstammelinge van die agt kinders van Robert Wicomb (1818-1905) en Isabelle Wicomb (nee Le Roux: 1818-1898), nl Robert, Daniel, Frederick, Moses, Simon, Abraham, Jeanetta en Alida. ‘n Groot getal jongmense het vanjaar se saamtrek bygewoon wat bemoedigend is vir die organiseerders. Op die foto is ‘n groot aantal van die familie wat met groettyd Maandagoggend nog teenwoordig was.




Mnr Adam “Ampie” Wicomb van Oudtshoorn (89), van Oudtshoorn, tans die oudste lewende Wicomb, steek die kers aan ter gedagtenis aan die familielede wat sedert die laaste saamtrek oorlede is.


Die Suid-Kaap se Wicombs was die wenners van ‘n toutrekkompetisie, een van vele aktiwiteite wat aangebied was, tussen die drie streke (Wes-Kaap, Oos-Kaap en Suid-Kaap).

No comments: